Juanita Du Plessis Lyrics
"Altyd Daar"

4.8 / 5
22 reviewers
Do you like this song?
(click stars to rate)
save!
my lyricsbox
As ek vandag moet terugkyk op my lewenspad
Dan sien ek al die draaie, elke kronkelpad
Die spore van my lewe is lankal reeds bepaal
Elke tree vertel 'n ou verhaal
Elke afdraaipaadjie sien ek duidelik raak
Maar deur dit alles Heer het U oor my gewaak
En oral in die donker het U my weer kom haal
Want U weet, elke kind kan soms verdwaal

[Refrein]
Sonder dat ek weet het U my altyd vasgehou
En sonder dat ek weet het U genade my omvou
Al my lewensdrome het U in U hand bewaar
Liewe Heer, U was nog altyd daar

Ek sien dit in die stille waters van die see
Ek sien dit in 'n kind se oë, sy eerste tree
Hoe kan die wat nie wil glo in ongeloof bly staar
Liewe Heer, want U was nog altyd daar

[Refrein]
Sonder dat ek weet het U my altyd vasgehou
En sonder dat ek weet het U genade my omvou
Al my lewensdrome het U in U hand bewaar
Liewe Heer, U was nog altyd daar